
Pluimvee
Die skoupluimvee afdeling is ‘n baie belangrike deel van die skou van diere .
Wat die skou van pluimvee so besonders maak , is die verskeidenheid van rasse wat vertoon word.
Hierdeur probeer ons om ‘n waardeering en bewustheid vir rasegte pluimvee by die publiek en veral die jeug , te kweek . Anders as by die pluimvee-produksiebedryf (braaikuikens/le hoenders) , spits die skoupluimvee hom op die gehalte en rasegtheid van pluimvee toe , met ‘n Ras Kampioen en Reserwe Kampioen .
Ons bied ook ‘n “Beste Inskrywing op Skou” toekenning/prys aan .
Ons spog ook met ‘n groot eier uitstalling , wat deel vorm van die beoordeling .
Beoordeling word behartig deur beoordelaars van die Wes Kaap Pluimvee Klub .
Die reels en ras standaarde van Saspo (South African Show Poultry Organisation) word streng toegepas .
Die beste manier om te leer van skouhoenders , is om skoue by te woon en met die vertoners te gesels .
Kom besoek ons lokaal onder die hoofpaviljoen .
(Kliek op die skakel om die Inskrywings vorm in PDF oop te maak)
Voorsitter Pluimvee :
John Cronje
Tel: 084 584 0612
epos: jfcronje@vodamail.co.za